Praat vrylik

Sê “hallo” vir ’n heel nuwe boodskap-ervaring. ’n Verrassende fokus op privaatheid, gekombineer met alle funksies wat jy sou verwag.


"Ek gebruik Signal elke dag."

Edward Snowden
Onthuller en voorspraakmaker vir privaatheid

"Signal as enkripsiemiddel bied die beste skaalvergroting. Dit is vry en gratis, en deur soortgenote geëvalueer. Ek raai mense aan om dit elke dag te gebruik."

Laura Poitras
Oscar-bekroonde filmmaker en joernalis

"Ek is elke keer opnuut beïndruk met hoe deurdag en sorgvuldig die beveiliging en bruikbaarheid van hierdie program is. Dit is my eerste keuse vir geënkripteerde gesprekke."

Bruce Schneier
Internasionaal bekende beveiligingstegnoloog

"Dit was werklik verstommend om te ontdek hoe vernuftig die program geprogrammeer is."

Matt Green
Kriptograaf, Johns Hopkins Universiteit

Hoekom Signal?

Ontdek hier onder waarom Signal beskou word as ’n eenvoudige, kragtige, goed beveiligde boodskapper

Deel sonder onsekerheid

Hou jou gesprekke beveiligd met die allerbeste enkripsie van punt tot punt (aangedryf deur die Signal- kriptografiese protokol, wat oopbron is). Nie ons of enige iemand anders kan jou boodskappe lees of by jou oproepe inluister nie. Privaatheid is outomaties deel van elke boodskap, elke oproep. Dit hoef nie spesiaal geaktiveer te word nie. Dit is eenvoudig hoe Signal altyd werk.

Sê enige iets

Deel teks, stemboodskappe, foto’s, video’s, GIF’s en lêers gratis. Signal gebruik Wi-Fi of selfoondata, sodat jy die onkoste van SMS’e en MMS’e vryspring.

Praat vrylik

Voer kristalhelder stem- en video-oproepe met mense van reg oor die wêreld, sonder duur oproepkoste.

Laat privaatheid “plak”

Tower jou gesprekke verder op met geënkripteerde plakprentjies. Mense kan ook hul eie pakke plakprentjies saamstel en met ander deel.

Kom bymekaar in groepe

Groepgesels maak dit maklik om met jou familie, vriende en kollegas in kontak te bly.

Sonder reklame en sonder dat adverteerders jou volg.

Signal wys geen advertensies nie, en niemand hou boek van jou aktiwiteite nie. Jy kan dus met ’n geruste hart jou mening en ervaring met mense deel wat na aan jou hart is.

Gratis vir almal

Signal is ’n onafhanklike niewinsorganisasie. Ons werk nie saam met enige groot tegnologiese maatskappy nie, en kan ook nooit deur enige van hulle oorgeneem word nie. Die ontwikkeling word befonds deur geldelike toekennings en deur skenkings van mense soos jy.